Cancer Alliance Stigma Survey

Cancer stigma is a great problem in South Africa, it touches all groups, ages and genders and impacts cancer patients daily.

With our current survey we aim to gain more information and insight into the role of cancer stigma in our communities.

- Cancer Alliance Stigma Survey -

Quick Donation

Toll-Free Smart access number:

No one logged in.
  • Often the journey through cancer can be lonely and confusing. You need clarity and peace of mind!

  • We help patients lighten the load during their cancer journey.

  • A helping hand...

  • Positive steps to take control of your situation, to help yourself heal.

  • We are dedicated to help you face the journey

  • to find a cancer buddy...

Christa Steyn | Breast Cancer

Ons musikante noem haar die musiekengel. Want of Christa Steyn begelei, komponeer, liedjies skryf en toonset, agter dié musieknaam staan – soos op eistedfoddsertifikate – ‘hoogste lof’. Sy vertel van haar drie vreemdste weke...

Sy vertel van haar drie vreemdste weke…

Daardie oomblik toe alles vir altyd verander het. Sy onthou dit, in detail, soos ‘n Bybelteks uit laerskooltyd. Hulle’t om die vuur gesit en kuier, die afgelope Junie-langnaweek op vriende se plaas naby Lydenburg. Om hulle was die veld nagstil. Iewers in die verte het ‘n waterval geruis.

Sy’t so lekker wyd-arm gesit, onthou Christa, elmboë op die rugleuning, glas wyn in die hand. Sorgloos. Die wêreld was mooi. Toe gly haar hand liggies oor haar bors, en sy voel dit.

Die vreemdheid, die ontstelling van ‘n knop.

Die volgende middag, toe almal op ‘n wildrit gaan, bly Christa onrustig agter. Sy gaan week in ‘n bad water en probeer moed bymekaarskraap om wéér te voel. “En toe’s dit daar. Groot. Groter as ‘n gholfbal. Ek was so bietjie verslae…”

Ons sit in die lapa by haar huis in Wingate Park, Pretoria. Dis koud buite. Grys. Die fynhout in die kaggel begin vlamvat. Dis die eerste keer dat Christa met iemand buite haar nabye kring oor haar kanker praat. Dis nog so vars, skaars drie weke, meeste van haar vriende weet nog nie. Sy’t die vorige nag wakkergelê en twyfel oor wat sy moet sê. Want wat sê mens oor doodgaan…

Môre wag die eerste chemoterapie-sessie. Môre begin haar hare uitval.

Terwyl die grimeerkunstenaar haar mooimaak vir die foto, begin sy gesels. Die woorde stroom, vol van die Christa-humor wat almal so goed ken, sonder enige jammerkrynonsens, net af en toe ‘n “simpel blêddie traan” wat sy vinnig kortknip.

Die Dinsdag ná die ontdekking het sy haar aangemeld by die Little Company of Mary-hospitaal in Pretoria. Mammogram. Skandering. Biopsie. Tweede biopsie. Derde biopsie in die oksel, waar nóg ‘n groter knop weggekruip het.

“Toe die dokter terugkom, sit hy sy hand op my been. Toe weet ek. Hy sê dit lyk nie goed nie, en teen Vrydag sal die eerste uitslae kom.”

Sy het die dae omgewag.

En toe, van êrens, soos ‘n present, kom ‘n lied na Christa toe.

“Die Flooze – Sorina – maak ‘n nuwe CD. EMI wou hê ek moet een lied daarop verwerk. Dit was nogal vreemd, want ek werk nie in haar musiekstyl nie. Maar toe’s dit anders, ongewoon, ‘n lied oor die laaste groet, want jy het kanker en jy gaan dood… Kan jy dit gló!”

En Christa besluit sy gaan voluit. Na die maan met kommersieel verpak, vir dié lied gebruik sy net die beste musikante, sy neem die simfonie-deel lewendig op, met mansstemme wat in Hebreeus sing.

“En nou móét julle dit eers hoor,” spring sy op en vat ons ateljee toe, haar serp in ‘n pienk warrel agterna."

Terwyl ons luister, begin Christa wieg saam met die musiek, liggies, liggies, die ritme kom lê in haar lyf, sy word deel van die musiek, sy wórd die musiek.

“Die Here sal by jou wees,” vertaal sy die Hebreeus vir ons, en die monnikklanke meng met die triomf en hartseer in haar oë."

Toe die viole stadig wegsterf, sit ons ‘n ruk doodstil. Niemand praat nie.

“Die lied was vir my genesing, maar dit was ook swaar. Ek het hier gesit en die hele ontsetting van die kanker het oor my kom lê.” Soos nog altyd, het die waarheid deur musiek na Christa gekom.

Eenuur die Donderdagmiddag bel die dokter met die uitslae. “Toe ek sý stem hoor, toe weet ek nog voor hy die woord sê: kwaadaardig." Ek moet môre inkom vir verdere toetse, sê hy.

“Ek was vingeralleen in die huis. My liggaam het begin ruk. Ek sê vir myself: positief dink, Christa, dis ‘n mastektomie, dis oukei, ten minste gaan jy uitéindelik ‘n paar kilogram verloor.”

Op pad hospitaal toe die volgende dag, bel PG du Plessis uit die bloute en vra sy moet ‘n gedig vir hom toonset. “En die woorde? Ek wil nie gáán nie! Nie nou al nie, nie nou al nie! Daar’s te veel wat agterbly…”

Sy skud haar kop verwonderd. “Dis asof alles in hierdie dae so vreemd saamval.”

Dan kom haar vriend, die sanger Willie Strauss, die lapa ingestap met ‘n pot aartappelsop. Hy kloek soos ‘n hen om Christa. “Kýk hoe kom ons musiekengel nou uit met daai bietjie poeier,” lag hy vir haar onder die poeierkwas.

“Laat ek vir julle my beste grappie vertel,” skerts sy. “Elke keer as ek verjaar, gebeur iets. Drie jaar terug, met ‘n partytjie, het ek van te min suurstof of iets inmekaargestort en toe kom haal ‘n ambulans my. Joe, ek was laas met my kinders se geboorte in ‘n hospitaal.

“Die verjaardag daarna beland ek in die tronk. Hier was ‘n ongeluk straat-af, en ‘n seun kom hier aangehardloop en vra om die bloed van sy gesig af te was. Toe wil ‘n polisieman sommer by my verby druk om die kind te kry. Ek vat die polisieman aan die arm en sê: dis ‘n kínd, laat hy net eers die bloed afwas. En daar arresteer hy my vir aanranding. Ek’s agterin ‘n vangwa gegooi, tronk toe tot drie-uur in die oggend.”

Laas-verjaardag het haar kinders, Douw en Madeleen, haar doodstil in die huis gehou, bang sy kom weer iets oor. “En vanjaar? Toe kry ek kanker!”

‘n Warboel van toetse het uitgeloop op die oomblik van waarheid in die onkoloog se spreekkamer.

“Ek gaan sit oorkant hom. Hy sê vir my ek’s in die finale fase van kanker, dit het reeds na my lewer versprei, en ek hoef nie bekommerd te wees nie, die volgende ses maande is orraait, maar dit sal nie vreeslik langer wees nie."

“En ek kon voel ek moet nou alleen wees. Ek kan nie nou hier sit nie. Ek. Kan. Nie. Ek wil in die kar gaan klim sodat ek kan huil."

“En die dokter praat verder, en ek sien hoe sy lippe beweeg, maar ek hoor niks. Niks. Benoud roep ek naderhand Madeleen se vriendin in (sy’t saam met Madeleen buite gewag) om te kom hoor wat hy sê. Madeleen het my later verkwalik dat ek háár nie geroep het nie.” Haar stem kraak. “Maar ek kón nie, ek wou nie hê sy moet so ‘n doodstyding hoor nie.”

Ironies het sy vóór die afspraak haar dogter probeer voorberei op slegte nuus. “Ek het vir haar gesê ek vermoed ek’s dalk in die derde fase van kanker, sodat ek haar dan kan gerus stel en sê toemaar, dis nog net die eerste fase.”

Haar glimlag trek dun. “En toe’s dit dubbeld so erg. Klaar die finale fase…”

Dalk het sy ‘n jaar oor, dalk twee, as sy baie gelukkig is miskien drie… Dan glimlag sy vir haar eie optimisme. “Al wat ek gehoor het, is ses maande…”

Sy’t besluit sy gaan tot die laaste teen hierdie kanker baklei. Niks van gently going into that good night vir haar nie. “Met chemoterapie, bestraling, alles, want ek het hoop op lewe.”

Sy kyk my vas in die oë. “Weet jy, dit voel asof ek nou vir die eerste keer rêrig weet hoe om te lewe. Snaaks né, dat kanker jou só laat deurbreek. En al leef ek net ses maande, al is dit net twee weke, weet ek nou soveel meer as die 54 jaar voor dit.”

Sy’t ingestem om deel te word van ‘n navorsingsgroep kankerpasiënte, want al is daar nou meer toetse, meer naalde in haar lyf, meer opofferings, “maak ek ten minste ‘n verskil.”

Sy gly met haar vingers deur haar heuningblonde hare. “Dis nou kaalkop vir my, huh!” Knipoog.

Skerts: in haar laaste oomblikke, as sy musiek kan hoor, dan moet dit Bach wees. “Kyk, ons gaan almal by Jesus se voete sit, maar ek gaan gatkruip by Bach.”

Al die aandag, nou, laat haar nogal spesiaal voel, bieg sy – en lyk wraggies so klein bietjie skuldig. “Nou en dan sms Rina Hugo: ek dra jou heeltyd in my hart. Dan wéét ek sy dink aan my, en dis vir my verskriklik lekker. Piet Croucamp het gister ‘n soentjie op my facebook gesit, Piet de Jager wil Roepman vir my kom wys. Wow.”

Maar Jannie du Toit kry swaar – haar ou troebadoer saam met wie sy die afgelope 25 jaar die wêreld deurkruis het, saam op al daardie dorpsverhoë, kunstefeeste, wêreldtoere.

“Ek en Jannie praat op die oomblik nie verskriklik baie nie, want hy cope nie hiermee nie.”

Ook haar seun Douw ignoreer die hele kankerding. Hy gaan sit met sy oorfone in die ateljee. “Daai Vrydagmiddag, ná die tyding, het ek my arms om hom gaan sit,” sê sy en haar oë skiet vol trane.

“Ek wil net hê hy moet by my kom sit en my vashou. Dis al waaroor ek huil, oor my flippin kinders…” Ag demmit tog, vee sy die trane af. “Het ons nie sjerrie nie? Dis my laaste dag van sjerrie drink, ag, skuus ek huil”, maak sy verskoning terwyl ‘n traan streep deur haar grimering.

“My kinders… toe my pa in 1990 vir my gesê het hy’t kanker was dit vir my erger as die dokter se nuus aan mý. Pa lewe nou-nog. Toe kry my broer kanker. Hulle het gesê hy’t ‘n week oor. Hy lewe nou-nog. Maar myne het versprei. Ek gaan mos nie dokters toe nie, nee, niks van mammogramme nie”, skud sy kop, heng, sy’t nie eens ‘n ginekoloog nie. “Wat ‘n fout.”

Sy was wel die afgelope drie jaar baie moeg, onthou sy. Maar kwit, mens werk mos maar regdeur moegwees. “En dis nou maar so, as ek nie werk die volgende ses maande nie, het ek moeilikheid. Ek móét shows doen,” bring die kommer ‘n krakie in haar stem.

“Maar weet jy, ek wíl op die verhoog wees, agter my klavier, veral noudat ek weet dit gaan van my af weggevat word. Dis my lewe.”

Is sy kwaad vir God?

“Glád nie. Ek het grootgeword in ‘n pastorie, ek het nog altyd ‘n baie spesiale verhouding met die Here. Ek weet nie hoe kom iemand deur kanker as die Here nie jou hand vat nie.”

Sy leun vorentoe.

“Twee jaar terug vertel Lize Beekman my haar 101-jarige ouma het ‘n week voor haar dood met ‘n televisiespan gesels. Hulle vra: watse raad het tante vir mense? Toe kyk die ouma reguit in daai kameralens in en sê: Gaan sê virrie mense die Here se genade is genoeg.”

Eergisternag, vertel sy, het sy twee-uur met ‘n slag wakkergeskrik. Christa, dink sy, oor ses maande is jy heel moontlik dóód. Weg vir altyd weg. Sy’t yskoud geword. Maar toe, stadig, kom die besef, haai, dis orraait, sy is nie bang nie. Sy vat die laaste slukkie sjerrie, herhaal dan: “Gaan sê vir die mense die Here se genade is genoeg…”

Haar stem is helder, anderkant nou-nou se donker note.

Witnoot deur die noodlot.

Go Back

Advertisements



Subscribe to our VISION Newsletter